Access Auto Racing ***** Killarney Fine Car Racing June 2010

Dit was die LEKKERSTE dag van Killarney OOIT !!
…Eerste resies was te "NICE" , Daai Passat (No 32) met sy 1600 blok & 1800 crank het geloop asof hy BETAAL word, My keuse van bande was NIE goed NIE en die Passat het oor die hele BAAN gegly.... TE LEKKER !!
Ek (Passat) wou baie graag die BMW 330i (No 8) van my VRIEND (Chris Kotze) vang, maar dit was tevergeefs… Hy was net ONVANGBAAR, Na die veranderinge op sy onderstel, sit daai BEEMER soos Klitsgras aan ‘n Piekniek Kombers…
Ek & my Passat het toe in ‘n 8ste Plekkie klaar gemaak !!

Wat Milanie (My Meis) betref, met haar 4x4 ALFA GTV (No 33), Wel, sy het haarself gate uit geniet, na Oom Dev die enjin gedoen het, loop die ALFA Baie lekker, behalwe dat die kar enige 4x4 ren sal wen (met sy Hoogte) het sy die Renne baie geniet en 10de klaar gemaak met die Eerste resies.

Die TWEEDE resies was HEELTEMAL ietsie anders, , , A D R E N A L I E N RUSH Verby !!
Ons spring langs die V8 Sunbeam van Oom Roger Wood weg met Chris se 330 BMW op my se agter BUMPER (wat daar NIE is NIE)... Ek & Passat het vir die eerste twee rondes gesukkel om vir Oom Roger af te skud (met die 330 wat ons aanhelp !!! ), Toe ons die V8 oorwin, TOE begin die ding,,, ,,,Die Ding met die BEEMER & Oom Chris , , , Hy wou my net nie los nie, Ongelooflik hoe die Passat net Harder & Harder & Harder ry (Nou met die Regte Bande voor op)
Ons is deer die Draaie (ALMAL) teen amper dieselfde spoed as die reguit stukke !!! Ons het ‘n 1.34 gedoen (Nooit kom droom dat die Passat dit in ‘n MYNSKAG af sou doen nie !!!)
. . . MAAR Ja, 5 Rondes met die Beemer op my G@@i , Toe gaan hy verby en ons maak klaar,,, BMW 1ste en Ek & Passat 2 de klaar,,, Die BESTE nog !!
Al die spiere het ewe hard gewerk en elke sweet gaatjie "Overtime"…. Dankie Oom Roger ,MAAR, veral Chris Kotze ( JCK )…

Meis het haar eerrste Uit "spin" gehad in die ALFA by draai 3 (Shell) almal op hol, Maar sy het ‘n 1.44 gedoen, wat haar ge-diskwalifiseer het, maar dit maak nie saak nie, sy het elke oomblik geniet & volgende keer doen sy 1.40’s !!

Dankie aan almal wat KYK , SKREE , of sommer net DA is…
Steve & Milanie Bekker Access Auto Racing…
Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge
Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge
Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge Click to enlarge